We absolutely loved working with you & the choir on Leani & Pierre’s wedding.

You just got it, and with your artistic flair and the angelic voices, completely overwhelmed & amazed all our guests with an astonishing production during the church ceremony.

We have not stopped receiving complements about the day and guests are still commenting on the experience in the church.

Thank you for your great contribution to making this day spectacular.

I am looking for events to use you again to transform the hearts of my guests.

Mel Sellars - Managing Director of D'masque


Goeie Naand Elsabé/Hannelie,

Hiermee ons, d.i. VIVA MUSICA se besonderse waardering vir die optrede van Die Magaliesbergse Kinderkoor by Heuwelsig Aftree-oord; daarby sluit ek ook almal wat die geleentheid bygewoon het, in. Hierdie mense kan nie uitgepraat raak oor die ervaring nie.
Die toegif aan die eine het almal in trane van waardering en verwondering gehad Die geestelike inslag van die program het groot byval gevind by die gehoor.

Hannelie, jy het met die optrede so'n besondere standaard gestel dat ek probleme gaan hê met toekomstige konserte want almal werwag dat ons dieselfde standaard(of beter) moet handhaaf.

Nogmaals ons hartlike dank vir 'n wonderlike ervaring saam met die begaafde koorleidster en haar besonder talentvolle Kinders vir wie sy "Ma" staan!

Hartlik gegroet!

Ben en Marlene
Heuwelsig Aftree oord


Liewe Magaliesberg Kinderkoorpersoneel                                                                  

“DANKIE” is maar ‘n deel
van die opregte dankbaarheid
wat hierdie wense
vandag aan jul moet bring.
Dis een van baie “dankies”
vir die opregte omgee
in wat jul doen en sê ~
in elke bedagsame daad…

“Dankie” is maar ‘n woord
van waardering sonder einde
vir die goedheid wat  jul
in jou hart ontgin.
Jul vriendelikheid
is ‘n bron van vreugde
en “dankie” is maar
die begin…

Baie geluk met ‘n puik vertoning! Woorde kan nie ons dankbaarheid beskryf vir jul bydrae en harde werk met die koor nie. Ons kan net sê: Baie, baie dankie. Dit is lekker om te weet ons kinders geniet die kooroefeninge weekliks.
Gods rykste seën vir die jaar wat voorlê.

Groete
Marina van Niekerk


Ek was na 5 jaar weer geëerd om die Magaliesberg koor se Musaion konsert by te woon ONGELOOFLIK..MANJEFIEK..FANTASTIES baie geluk aan almal maar besonder geluk aan jou niggie... jou koor is uitstaande en julle verdien al die lof wat julle ontvang.

George Nell


Ai julle ek huil soos n baba met koliek! Ek is aangedaan dat n KINDERKOOR ons land internasionaal verteenwoordig! Ek wens elke koorlid, elke persoon, elke ouer baie geluk en sê ook dankie! Mag die Here julle nog meer seën en dit wat julle doen, doen julle vir hom! Ek het die koor nog net een keer sien optree en was ongelooflik daarom is ek een van julle grootste aanhangers! Dankie vir die aanvaarding op hierdie blad. Dankie vir wat julle doen met liefde en dat julle elke noot sing met Jesus in julle harte. Dankie en sterkte. Ek volg die blad om te sien hoe julle vorder!

Lizanda Janse Van Rensburg


Wunderschön! Seit dem Auftritt hier in Lübben und Straupitz verfolge ich alles über Facebook und freue mich jedesmal neue, alt bekannte Klänge zu hören! Ich bin so ein grosser Fan geworden. Aber nicht nur ich, meine Mutti und meine Freundin denken so gerne an die tollen Konzerte hier im Spreewald zurück! So toll interpretierter Musik zu lauschen, gibt so viel Kraft! Thank you!! Wonderful!

Gabriele Böhme


Julle video's is pragtig! Gaan haal GOUD vir ons, asb! Julle KAN! en julle MAG maar, hoor!

Carlien Coetzee


Gisteraand was verbysterend. Ons het eenvoudig net getjank soos babas met die laaste lied.

Eunece

Ek was vanaand by n show van julle en ek moet se ek was baie baie lanklaas amper in trane van iets wat so ongelooflik mooi is!!! Eks baie trots op elkeen van die kinders wat in die koor sing!! Ek wil vra dat jul asb sal laat weet as daar weer n show is as jul terug is, o ja en baie baie sterkte ek weet jul sal goed doen, ek hou vir jul duim vas!!!!!!!

Juanita Fourie

Baie baie geluk met `n fantastiese aand. Ons was verstom en baie geinspireer deur die kore se standaard en die kwaliteit van julle uitvoering.
Baie dankie vir die voorreg om te kon optree. Die GHS kindertjies was verstom om te sien waaroor koor gaan en hoe `n mens KAN klink. 
Ons koor akademie is nou `n jaar aan die gang en dit vat baie vasbyt om die nuwe kultuurgroep te vestig by die Hartebeespoortdam. Aande soos gisteraand het ons inspireer en ook gewys wat gedoen kan word.
 Mag julle oorsese toer net Fantasties wees.

Baie Liefde en Seën Pierré & Pauli